Programmering is belangrik. Laat ons nie daaroor hare splyt nie. In elke veld van modernisering is programmering die dryfkrag. Waar sou ons wees sonder programmering?

Hoe sou die samelewing lyk sonder programmering? Al die gemak wat ons elke dag geniet het ons in 'n groot mate te danke aan programmering. Programmering het ons al baie ver gebring, maar stop net vir 'n oomblik en dink: Hoe ver gaan programmering ons nie nog verder vat nie?

Hoe gaan die samelewing lyk oor 15 jaar - wanneer ons kinders moet begin werk? As daar vandag so 'n groot tekort is aan programmeerders, hoe groot gaan die tekort nie wees oor 15 jaar nie?

Programmering is 'n vaardigheid wat enige kind behoort te bemeester. Programmering kan egter ook baie baie baie moeilik lyk...

Die idee wat films vir ons skep oor programmering is grootliks onakuraat. Programmering is nie moeilik nie. Netsoos enige ander onderwerp kan dit aangeleer word wanneer dit volgens eenvoudige beginsels verduidelik word.

Jou kind kan leer programmeer. Al wat jy nodig het is 'n goeie leermeester.

Ons bied vir jou hierdie geleentheid - die geleentheid wat jy vir jou kind kan gee. Ons het op die oomblik drie verskillende programmeringskursusse. Die gewildste van hierdie drie kursusse (Python vir Kinders) kos gewoonlik R1500, maar omdat ek graag wil hê jou kind moet deel uitmaak van die toekoms wat programmering bied, wil ek vir jou hierdie eenkeer-in-'n-leeftyd geleentheid gee, om GRATIS volle toegang tot al die kursusmateriaal te kry vir 'n volle twee weke!

  • 5 ure van kursus-videos.
  • 10 projekte.
  • E-pos en selfoon gesprekke met my (die dosent).
  • Regte probleemoplossing, en hope meer pret met programmering!

Jy gaan nie weer so 'n kans kry nie. Ek vra net twee dinge: Jou naam, en jou e-pos adres.

Klik hier om GRATIS toegang te kry tot die volledige kursus en al die kursusmateriaal.

Jou kind se toekoms is in jou hande. Gaan jou kind deel wees van die toekomstige samelewing?

Indien jou kind onder 10 is, sal ek eerder Scratch vir Kinders voorstel, en indien jy self graag wil leer van programmering, kyk gerus na ons opsie vir volwassenes Python Toepassings Op Windows. Lekker Programmeer!