Wordpress is 'n baie bekende webontwikkelingsplatform. As jy graag jou eie webblad wil ontwikkel, kan ek dit ten sterkste aanbeveel.

In hierdie artikel gaan ek probeer om so bietjie die basiese beginsels van Wordpress saam te vat, en te verduidelik hoe om daarmee te begin.

Wordpress.org eerder as Wordpress.com

In hierdie artikel skryf ek spesifiek oor Wordpress.org, en nie oor Wordpress.com nie. Wordpress.org is die oorspronklike program. Die vol pakket. Die 'real deal'. Wordpress.com is 'n afgeskaalde weergawe daarvan wat baie dieselfde is, maar tog grootliks beperk is.

Wordpress.org kan jy egter nie gratis gebruik nie. Jy moet Wordpress.org installeer op 'n 'hosting' platform soos GoDaddy of AfriHost. Ekself het sover nog meestal met AfriHost gewerk, en ek kan hulle regtig aanbeveel. Jy kan egter gerus hierdie artikel lees, as jy nie weet watter maatskappy om te kies as 'host' nie.

Om 'n 'host' te kies kan dalk baie ingewikkeld lyk, so moenie sleg voel as dit jou afskrik nie. Vir 'n klein projek wat nog besig is om aan die gang te kom, en nie 'n groot klomp aanlyn verkeer van die begin af gaan trek nie, kan ek AfriHost se Shared Linux Web Hosting voorstel. Dit is goedkoop, en gaan tans teen R39/maand.

Om die pakket te koop (met 'n nuwe domein), volg die volgende stappe:

1. Klik hier om na die webblad geneem te word.

2. 'Scroll' af na waar staan "Our Awesome Linux Web Hosting Packages!"

3. Klik op Silver Home.

4. Klik op Sign up Now.

5. Klik op Next Step.

6. Klik op Register a domain that does not exist yet.

7. Soek vir die domein wat jy graag wil gebruik. (NB. 'n .co.za Domein is gratis vir die eerste jaar op hierdie pakket. As jy 'n .com of .org domein kies, dan gaan jy ekstra daarvoor moet betaal.)

8. Kies jou domein en klik op Next Step.

9. Klik op Checkout.

10. Maak vir jou 'n nuwe rekening by Afrihost. (Vul jou e-pos in, klik op Create Account, en vul dan jou ander inligting in.)

11. Vul jou betalingsbesonderhede in, en klik dan op Final Confirmation.

Nou is jy geregistreer vir 'hosting'! Baie geluk.

Hier is 'n uiteensetting wat ek gekry het wat baie mooi verduidelik hoe jy nou te werk kan gaan om Wordpress te installeer op AfriHost.

Wordpress.org sonder betaling

As jy graag Wordpress.org wil uitprobeer sonder om te betaal, dan kan jy 'n 7 dae gratis 'Sandbox' daarvoor gebruik.

Op hierdie stadium neem ek aan jy is nou op jou Wordpress 'Dashboard', wat min of meer so lyk:

As jy nog nie een van my kursusse oor webontwikkeling bygewoon het nie, dan sal ek regtig voorstaan dat jy 15 minute vat om na hierdie video te kyk wat baie mooi uiteensit wat Wordpress is, hoe dit gebruik word, ens.

Wordpress temas

Volg die volgende stappe om jou Wordpress tema te verander.

1. Gaan na jou Wordpress Dashboard.

2. Aan die linkerkant van die skerm, hou jou muis oor Appearance.

3. Klik op Themes.

4. Hou jou muis oor die tema wat jy wil kies.

5. Klik op Activate.

Nota: Jy kan ook ander temas aflaai deur te klik op Add New.

Wenk: Die standaard temas (2015-2017) werk baie goed. Ek vind dat vir my, 2015 baie goed werk op jou selfoon, en 2017 baie goed werk op 'n rekenaar. Vir 'n goeie balans, sou ek 2017 voorstel.

Verander die Header Image

Volg die volgende stappe om jou Header Image te verander.

1. Gaan na jou Wordpress Dashboard.

2. Aan die linkerkant van die skerm, hou jou muis oor Appearance.

3. Klik op Customize. (Nou behoort jou skerm so te lyk, met 'n lewendige voorskou van jou webblad aan die regterkant.)

4. Aan die linkerkant van jou skerm, klik op Header Image.

5. Klik op Add new image.

6. Laai 'n nuwe foto op, of kies een wat alreeds opgelaai is.

7. Klik op Select and Crop.

8. Kies die deel wat jy wil uitsny.

9. Klik op Crop Image.

10. Aan die linkerkant van jou skerm, klik op Publish.

Nota: 'n Header Image lyk nie baie goed op die 2015 tema nie. Vir die 2015 tema, volg die stappe hierbo, maar by Stap 4, klik eerder op Background Image, instede van Header Image.

Wenk: Wordpress pas die foto aan relatief aan die gebruikerskerm se wydte. Jou foto mag dalk nie dieselfde lyk op verskillende rekenaars/selfone nie. Probeer daarom om nie jou besigheid se logo as Header Image te gebruik nie.

Nuwe 'page'

Volg die volgende stappe om nog 'pages' op jou webblad te voeg.

1. Gaan na jou Wordpress Dashboard.

2. Aan die linkerkant van die skerm, hou jou muis oor Pages.

3. Klik op Add New.

4. Gee vir jou bladsy 'n titel.

5. Aan die regterkant van jou skerm, klik op Publish.

Wenk: Volg die volgende stap om bestaande blaaie te wysig.

Wysig 'n 'page'

Volg die volgende stappe om 'n 'page' te wysig.

1. Gaan na jou Wordpress Dashboard.

2. Aan die linkerkant van die skerm, hou jou muis oor Pages.

3. Klik op All Pages.

4. Klik op die teks van die blad wat jy wil verander, nie op die blokkie nie.

5. Wysig die blad.

6. Aan die regterkant van die skerm, klik op Update.

Wenk: Jy kan foto's en ander media op jou blad sit deur te klik op Add Media.

Nuwe 'menu'

Volg die volgende stappe om 'n nuwe 'menu' te skep.

1. Gaan na jou Wordpress Dashboard.

2. Aan die linkerkant van die skerm, hou jou muis oor Appearance.

3. Klik op Menus.

4. Klik op create a new menu.

5. Gee vir die menu 'n naam. Dit kan enigiets wees.

6. Klik op Create Menu.

7. Aan die linkerkant van jou skerm, tik die boksies langs al die blaaie wat jy op die menu wil voeg.

8. Opsioneel: Kies Automatically add new top-level pages to this menu.

9. Opsioneel: Kies die menu vertoningsspasie. As jy jou menu wil vertoon as die 'main' menu, wat iemand gebruik om jou webblad te nawigeer, tik die boksie Primary Menu.

10. Klik op Save Menu.

Wenk: Jy kan die volgorde van blaaie verander deur hulle op en af te trek.

Wysig 'n 'menu'

Volg die volgende stappe om 'n 'menu' te wysig.

1. Gaan na jou Wordpress Dashboard.

2. Aan die linkerkant van die skerm, hou jou muis oor Appearance.

3. Klik op Menus.

4. By Select a menu to edit, kies die menu wat jy wil wysig en klik op Select.

5. Wysig die menu. Bv. Verander die volgorde van die blaaie.

6. Klik op Save Menu.

Wenk: Jy kan die volgorde van blaaie verander deur hulle op en af te trek.

Wysig 'n 'widget'

Volg die volgende stappe om 'n 'widget' te wysig.

1. Gaan na jou Wordpress Dashboard.

2. Aan die linkerkant van die skerm, hou jou muis oor Appearance.

3. Klik op Widgets.

4. Wysig die 'Widget' deur die verskillende elemente rond te sleep. Jy kan die element afhaal deur hom af van die hofie te trek.

Wenk: Standaard kom daar baie onnodige elemente op die widget. Ek haal gewoonlik almal af, en begin dan deur net die nodigste elemente op te sit.

Baie dankie!

Ek hoop hierdie artikel sal jou help om aan die gang te kom. Sterkte met jou webblad!

Eksterne materiaal:

Hier is 'n klompie videos wat ek op youtube gekry het wat die basiese van Wordpress verduidelik. Ekself het dit nog nie almal deurgewerk nie, maar ek dink jy sal dit beslis handig vind. Sterkte!