Wljr5zy8tlq2fhexaanx

Python Toepassings Op Windows

Ontwerp, beplan en skryf jou eie gevorderde programme in die baie gewilde programmeertaal, Python!

Python Toepassings Op Windows

Python Toepassings Op Windows (PTOW) is 'n kort, (of dalk nie so kort...) eie-pas aanlyn kursus.

Hierdie kursus word gefokus hoofsaaklik op (maar nie beperk tot) studente tussen 18 en 40.

Gaan hierdie kursus maklik wees? Nee! Dit gaan 'n uitdaging wees. Gaan dit lekker wees? Beslis!

Hierdie kursus is vir die wat dalk alreeds bietjie van programmering weet, of die wat bereid is om teen 'n baie vinnige tempo te leer. Ons doel met die kursus is om jou te leer van programmering, in die programmeertaal Python, in die besonder op Windows.

Moet ek alreeds kan programmeer voordat ek begin?

Hoegenaamd nie! In hierdie kursus maak die dosent, Pieter van Deventer, die aanname dat jy nog glad nie tevore die woord programmeer gehoor het nie. Hy vat jou van programmeer ABC tot by diep begrippe van Objekte, en Grafiese programmering op Windows.

As jy egter voel dat jy eerder op 'n stadiger pas wil leer, skryf in vir ons beginnerskursus (Python vir Kinders) by hierdie skakel.

Wat jy sal leer:

Teen die einde van die kursus sal jy werklike probleme kan oplos deur gebruik te maak van algoritmiese denke en programmering.

Jy sal op 'n redelike gevorderde vlak kan programmeer.

Jy sal intelligente gesprekke kan voer oor Python, HTML en SQLite.

Jy sal ingewikkelde programme in Python kan skryf.

In die kursus:

Ons volg 'n 10 week kurrikulum wat bestaan uit lesings, verduidelikings en huiswerk opdragte vir elke week. Ons leer jou stap vir stap die boublokke van programmering. Ons leer jou verder belangrike aspekte van programmering soos grafiese ontwikkeling, databasis programmering en lêer hantering.

In die kursus gaan jy die volgende programmeertale leer:

Scratch

Python

HTML

SQLite

Sowel as vele meer onderafdelings en begrippe!

Internet:

Hierdie kursus is aanlyn, en die grootste deel van die kursus bestaan uit onaflaaibare videos wat die student aanlyn kan kyk. Indien jou internet te stadig is om uurlange YouTube videos te kyk sal dit ook nie voldoende wees om hierdie kursus te volg nie.


Ontmoet die Dosent


Pieter van Deventer
Pieter van Deventer

Pieter van Deventer, hoewel nog jonk, het al baie ondervinding in programmering, en hy het 'n spesiale liefde vir die programmeertaal Python. Hy het 'n eksamen vir Gevorderde Python by die AP Akademie met lof geslaag, en Computer Science (CS50) by HarvardX ook met vlieënde vaandels deurgekom. Hy werk alreeds sedert Januarie 2016 as vryskut programmering lektor. As hy tyd het is hy ook 'n kranige skrywer vir TheRebelution (therebelution.com) en Arendsjeug (arendsjeug.co.za). As jy gelukkig is sal jy hom van tyd tot tyd uitvang wanneer hy besig is om 'n webblad te ontwerp, of 'n nuwe program te skryf wat volgens hom nog eendag die wêreld gaan verander! Hy is baie opgewonde oor hierdie kursus, en sien uit daarna om sy kennis met jou te deel.


Klas Kurrikulum


  Inlyding
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 1
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 2
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 3
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 4
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 5
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 6
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 7
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 8
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 9
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 10
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Eksamen
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het

Gereelde vrae


When does the course start and finish?
The course starts now and never ends! It is a completely self-paced online course - you decide when you start and when you finish.
How long do I have access to the course?
How does lifetime access sound? After enrolling, you have unlimited access to this course for as long as you like - across any and all devices you own.
What if I am unhappy with the course?
We would never want you to be unhappy! If you are unsatisfied with your purchase, contact us in the first 30 days and we will give you a full refund.

Begin nou!