Python vir Kinders

Alles wat jy nodig het om te weet van Python, sodat jy kan begin programmeer!

NB: Ek's tans besig om te studeer. Ek het hierdie kursus (en al die ander) gratis beskikbaar gestel. Dit is nou vrylik beskikbaar, maar ongelukkig is ek nie. Jy sal my waarskynlik nie in die hande kan kry nie - jammer. Ek hoop jy kom reg met die materiaal hier beskikbaar. Lekker dag!

Welkom by hierdie kort, kompakte kursus. Die kursus is spesifiek gefokus op kinders tussen 10 en 16, maar is beskikbaar vir enige ouderdom.

Wat jy sal leer:

Teen die einde van hierdie kursus, sal jy regte wereld probleme kan oplos deur gebruik te maak van logiese denke en programmering.

Jy sal gemaklike gesprekke kan voer oor programmering.

Jy sal kan besluit of programmering vir jou is, en of jy dit moontlik verder moet vat.

In die kursus:

Ons volg 'n 10 week kurrikulum wat bestaan uit lesings en huiswerk opdragte vir elke week, wat jou stap vir stap die boublokke van programmering leer. Verder maak ons ook gebruik van Python se Turtle module, wat jou instaat stel om basiese programmering te leer op 'n visuele vlak.

Is dit tydsgebonde?

Nee, hierdie is 'n eie-pas kursus, wanneer jy die kursus gekoop het behou jy die reg om die kursus te voltooi op jou eie tyd en pas. Ons volg wel 'n 10 week kurrikulum, maar jy hoef jou nie in die minste daaraan te steur nie.

Vir wie is die kursus:

Hierdie kursus is vir enige persoon wat graag meer van programmering wil weet, maar nie seker is of dit vir hom of haar bedoel is nie, Ons fokus egter hoofsaaklik op kinders tussen 10 en 16, kinders onder 10 mag dalk oorweldig word, en vir persone ouer as 16 mag dit vervelig raak.

Internet:

Hierdie kursus is aanlyn, en die grootste deel van die kursus bestaan uit onaflaaibare videos wat die student aanlyn kan kyk. Indien jou internet te stadig is om halfuur YouTube videos te kyk sal dit ook nie voldoende wees om hierdie kursus te volg nie.



Ontmoet die Dosent


Pieter van Deventer
Pieter van Deventer

Pieter van Deventer, hoewel nog jonk, het al baie ondervinding in programmering, en hy het 'n spesiale liefde vir die programmeertaal Python. Hy het 'n eksamen vir Gevorderde Python by die AP Akademie met lof geslaag, en Computer Science (CS50) by HarvardX ook met vlieënde vaandels deurgekom. Hy werk alreeds sedert Januarie 2016 as vryskut programmering lektor. As hy tyd het is hy ook 'n kranige skrywer vir TheRebelution (therebelution.com) en Arendsjeug (arendsjeug.co.za). As jy gelukkig is sal jy hom van tyd tot tyd uitvang wanneer hy besig is om 'n webblad te ontwerp, of 'n nuwe program te skryf wat volgens hom nog eendag die wêreld gaan verander! Hy is baie opgewonde oor hierdie kursus, en sien uit daarna om sy kennis met jou te deel.


Klas Kurrikulum


  Week 01
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 02
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 03
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 04
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 05
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 06
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 07
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 08
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 09
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het
  Week 10
Beskikbaar in dae
dae nadat jy ingeskryf het

Gereelde vrae


When does the course start and finish?
The course starts now and never ends! It is a completely self-paced online course - you decide when you start and when you finish.
How long do I have access to the course?
How does lifetime access sound? After enrolling, you have unlimited access to this course for as long as you like - across any and all devices you own.
What if I am unhappy with the course?
We would never want you to be unhappy! If you are unsatisfied with your purchase, contact us in the first 30 days and we will give you a full refund.

Begin nou!