Indien jy in 2019 graag saam met my die A-Z van webontwikkeling wil leer, dan is jy op die regte plek.

Om in te skryf, WhatsApp my asb by 061 466 0244.

Meer inligting oor die kursus:

Tydperk:

Hierdie kursus gaan oor die tydperk van 'n jaar plaasvind. Ons wil graag in Januarie 2019 alreeds begin, so kontak my asb vroegtydig om seker te maak jy het al die nodige reelings.

Verder, ek beplan om in totaal 37 lesse in die jaar in te pas. Dit behoort ons genoeg tyd te gee om teen 'n gemaklike pas al die materiaal te dek.

Koste:

Die koste gaan beloop op R100 per persoon, per les. Dus R3700 oor die hele jaar.

Wat ons gaan leer:

Ons gaan in die kursus fokus op webontwikkeling. Dit beteken dat jy teen die einde van die kursus jou eie webblad sal kan ontwikkel. Ons gaan van verskeie programmeertale soos Python, Javascript ens gebruik maak om jou webblad te optimaliseer. Ons gaan verder ook kyk na derde partye soos Wordpress om 'n ideale webblad in 'n kort tydjie te ontwikkel.

Ouderdom:

16+

Wat jy nodig het:

'n Skootrekenaar met Chrome, en internet toegang.

Erkenning:

Teen die einde van die kursus gaan die studente 'n eksamen skryf, en indien hulle dit slaag sal hulle 'n sertifikaat van verdienste ontvang.

Vir meer inligting, kontak my gerus by 061 466 0244.

Inskrywings sluit 1 Januarie 2019.

Ontmoet die Dosent

Pieter van Deventer

Pieter van Deventer (18), hoewel nog jonk, het al baie ondervinding in programmering en webontwikkeling. Hy het 'n spesiale liefde vir die programmeertaal Python. Hy het 'n eksamen vir Gevorderde Python by die AP Akademie met lof geslaag, en Computer Science (CS50) by HarvardX ook met vlieƫnde vaandels deurgekom. Hy werk alreeds sedert Januarie 2016 as vryskut programmering lektor en webontwikkelaar. As hy tyd het is hy ook 'n kranige skrywer vir TheRebelution (therebelution.com) en Arendsjeug (arendsjeug.co.za). Hy is baie opgewonde oor hierdie kursus, en sien uit daarna om sy kennis met jou te deel.